Brief aan Daisy
Van Mamma
30 September 2022
Ek het iets gehoor by een van my gunsteling bloggers, wat ek toevallig op bonatuurlike manier ontmoet het, TOEVALLIG, oor ‘n Daisy insident by Christian Business Women Connect vergadering aan die begin van die jaar. Dit was nou werklik een “cool” Devine Appointment & One Holy Moment in Time!
Ek het gehoor hoe verwys sy, dat sy gestoei het met ‘n spesifiek blog, voor sy dit laat uitgaan het. Dit was met kosbare, “toevallige” 2de ontmoeting met haar!!!! Waar ek geseën was met kosbare sielskos.
Wel, ek het lank gewik en weeg oor hierdie blog van my, of ek dit moet deel en hoe?
Ek is 47 nou, gebore in die jaar 1975. Agter in my Bybel is ‘n kosbare brief van my Ma, toe ek 18 geword het. In die Bybel wat my sussie vir my gegee het.
Ek is die oudste van 5 kinders en die enigste een wat so ‘n brief gekry het.
(Jammer aan my sussie en boeties daaroor, my oudste kind het baba foto album en my 2de kind nie, dis nou maar deel van die lewe seker vir sommigge mense.)
Ek, die blou oog, blonde haartjies prinsessie wat altyd die pienk klere gekry het. Nuwe klere, terwl my sussie 2de kind met bruin hare en bruin oë die geel of blou klere gekry het, soms my ou klere.
Soms het ons eenderse klere gekry. Ek was lui en slordig, ‘n rebel en het gevoel as of ek soos groot teleurstelling vir my Ma was. My sussie was netjies en fluks. Dis nog steeds so.
Maar ek het altyd gepleit by my Ma, veral toe ek Duitsland toe is op 17 en tas vol nuwe klere kry, gaan my sussie ook dieselfde kry?
So selfs al was ek lui, slordig, dromer, rebel, teleurstelling, was my hart tog goed. Ek is lief vir my sussie.
Hoe gaan ‘n kind dan nou ooit verstaan hoe die lewe binne 1 jaar verander? Dat ouers nie altyd alles kan doen soos hulle graag wil nie.
My sussie het toe wel ander goed meer gekry later jare, as wat ek gekry het. Hoe gaan kinders ooit verstaan, voor jy nie self eendag kinders kry nie.
Hoe sou ons ook toe geweet het, na 10 jaar is ek die een is wat kinders het, en my sussie nooit kinders gaan kry, en my skoonsussie ook nie.
Die hele verwagting en illusie van trou, kinders kry en vir ewig getroud bly, man & vrou, een Pa en een Ma, daardie hele traditionele gesin verwagting het in ons leeftyd hand omkeer verander.
My sussie was altyd daar vir my, nog steeds, meer die ouer sus as ek. My man se sussies het nie meer hul kosbare boetie om mee te bederf nie, ook nie ‘n Pa wat hulle kan beskerm of bederf nie.
Ek sien by my kinders iets soortgelyk, hoe my jongste seun uitkyk vir sy ouer sussie en opofferinge maak vir haar.
Ek besef en sien ook hoe die duiwel dit regkry om met vergelykings en jaloesie, ons leuens te laat glo. Ek vergelyk my met my Ma, sussie, skoonsussies en selfs my dogter, en ek voel ek skiet ver te kort! Ek voel soos ‘n mislukking in vergelyking met hulle, MAAR, dan kom fluister God met groot teerheid vir my, JY IS UNIEK!
Jy is gebore met ‘n doel. Jy is kosbaar en spesiaal.
So is elkeen van ons gebore met ‘n doel, kosbaar, uniek en spesiaal, elkeen met sy verskillende gawes en talente.
Ek deel nie maklik die brief van my Ma aan my. My Ma was ‘n baie privaat persoon. My hele familie is!
Daisy is my bynaam, die naam wat my ouers my noem. Net ‘n handvol mense noem my Daisy vandag nog.
My Pa, en die ander vrou in sy lewe nou, oor wie ek eers ontsteld was, maar nou baie bly oor is. Ek koester dit wanneer sy my op my kinderjare bynaam noem.
Ek dink my Ma het hierdie woorde in die brief opreg, met goeie intensies bedoel. Al was ons verhouding met mekaar nie van die beste nie. My Ma was lief vir my en was besonderse Ma, die perfekte Ma volgens God vir my.
My dogter is nou 19 en ek onthou ook nog so goed toe ek swanger geraak het met haar, hoe ek gedroom het oor die dag wat ons vriendinne is en mooi verhouding het.
“Die hele lewe is eintlik ‘n ontnugtering.”
Sjoe, daardie woorde is nie wat ek my eie dogter die wêreld sal wil instuur nie. Ek besef my Ma wou my beskerm…
Daar was tye wat dit egter gevoel het asof my Ma se woorde my vervloek het. Nie net die brief nie, maar sy het gereeld in woede gesê:”Mag jou kinders dieselfde aan jou doen, as jy aan my.” Dis die kere wanneer ek lelik en rebels was en haar seergemaak het.
Ek het genadiglik iets kosbaar geleer by Women’s Mentoring, om my kinders te seën en nou, wat dit voel my kinders doen erger aan my, as wat ek aan my Ma gedoen het, soms deur trane seën ek hulle en sê:”Mag God julle seën dat julle kinders beter aan julle doen, as julle aan my.”
“Die hele lewe is eintlik ‘n ontnugtering.”
Maar hoe kan ek nou die teenoorgestelde vir my dogter mee probeer bemoedig, na die pad wat sy nou al geloop het en die coolste Pa ooit op 14 verloor het?
Selfs voor dit, werklik moeilike kinderjare gehad het, met my as ‘n Ma wat meer van die 14 jaar in depressie was, as daar uit en nou Pa & Ma moet wees, en ek voel ek misluk met alles, volgens wêreld se standaarde. My pragtige, eers gebore, perfekte baba dogtertjie, blakend gesond voor inentings. Stralend gelukkig tot op 1 jaar oud, waar ek haar Ma stryd met nageboorte depressie begin voer het. Ek het probeer hulp soek en in hierdie maand nou, het ek bewus geword dat Oktober maand “Mental Health Awareness Month” is. 18 jaar terug, en self nou nog, is die stigma daaraan so erg, dat mense dit ignoreer en net onder die mat wil invee.
Sjoe, ek wens ek kon my gedagtes, of nee, die reis van my lewens oomblikke oordra soos op ‘n rekenaar van my brein na skrif.
My God sal alles herstel wat ek verloor het!
Dis my gebed vir myself, dis my gebed vir my kinders, dis my gebed vir my familie en vir almal.
NEE, die lewe was en is nie ‘n ontnugtering vir my nie.
Die lewe is nog steeds mooi vir my, selfs al voel dit NOU op hierdie oomblik asof ek deur ‘n dal van doodskaduwee gaan en die duiwel al wat ‘n leuen wil kom vertel dat ek ‘n mislukking is en ‘n verloorder is.
Al kan ek nooit ongedaan maak wat ek my man, my Ma, my kinders en so baie mense seergemaak het nie.
Selfs al sou die vyeboom nie bot nie, NOGTANS sal ek die Here loof en prys!
Nog voor ons in ons moederskoot gevorm is, het God al ‘n plan en doel vir ons lewe gehad.
Hy is in beheer altyd en soms is dit nie maklike paadjie vir ons nie.
Ek sou nooit weet wat ek gehad het om voor dankbaar te wees, voodat ek dit nie verloor het nie.
MAAR, ek kan waarlik getuig, dat die mense wat ons verloor het aan die dood, beslis vir goeie rede was en God het ‘n plan gehad.
Ons weet dan ook nooit wanneer ons streep getrek is nie, so ons moet altyd gereed wees.
Kies om dankbaar te leef, selfs al gaan dit nie goed nie, moenie afgunstig op ander wees nie.
Moenie ander mense se lewens begeer nie. Wees dankbaar vir wat jy het, al is dit nie perfek of nie die beste of nuutste mode nie.
Hierdie blog is nou glad nie soos dit in my kop was nie.
Die brief!
My Ma, die brief en haar lewe is my inspirasie vir die blog.
Ek is soos my Ma, maar ook soos my Pa.
My dogter is soos my Ma en haar Pa (my oorlede man).
Ons almal skaaf mekaar.
My man het altyd gesê, ons maak die mense naaste aan ons die seerste.
Ek het my Ma so seer gemaak en ek wens met my hele hart die gevoel van spyt vir niemand toe nie.
Op haar siekbed, die klein bietjie voorreg wat ek haar kon versorg het, het my Ma gesê:”Jy het gekom, ek het so na jou verlang.”
Ek het ontsteld vir haar gesê, hoekom het sy nooit dit vir my gesê nie!!!
TROTS EN HARDKOPPIGHEID?
Ek weet nie, hoe reik mens dan nou uit na jou eie kind en bieg jy verlang na hulle, terwyl jy weet hulle het nie die finansies of tyd om vir jou te kom kuier nie. Hoe verduidelik jy aan jou kind jy raak oud en moet werk vir jou eie oudag, en jy voel magteloos dat jy nie meer het om vir hulle te help. Bo op wat my Ma alreeds so mildelik vir ons 5 kinders bederf het, en ons soms so vanselfsprekend net aanvaar het en soms ondankbaar voor was. Of ek altans.
Na my man se dood, het my Ma met liefde vir my en my kinders ‘n huis gebou. Maar na haar beroerte was sy nie meer dieselfde, dit tesame met my man se dood, en niemand het reg wys opgetree nie. Of so het dit vir my gevoel. Ek en my kinders het ‘n ander huis gekoop, wel in gehoorsaamheid van God, maar ek wonder baie; wat as ons by my familie gebly het?
Al was daar kwade gevoelens, toe swaarkry ons oorval na lockdown, en ek soos die verlore seun terug na my ouerhuis verlang, toe was my familie daar om ons by te staan en te help.
Ek staan beslis nie onafhanlik op my eie voete nie. My Ma sorg na haar dood, indirek, deur my Pa en sussie nog vir my en my kinders.
Soms weet mens net nie, wat is reg, wat is verkeerd. Selfs wanneer ek gehoorsaam is aan God, is dinge nie altyd maklik nie.
Toe ek 18 was, pas uit matriek, het ek weggetrek van my familie. Net soos my dogter van 19 ook nou, wou ek net wegkom uit my ouerhuis, ek het selfs kans gesien om in my kar te slaap. Hulle was weg by die strandhuis en ek alleen by ons tuisdorp.
Uit goeie gewoonte soos my Ma ons geleer het….. Nee wag, ek jok, oor die oulike nuwe jong propponent eerder, is ek kerk toe.
Van die hele preek onthou ek een oomblik wat hy gesê het:
“Wat is die sin van die lewe?”
Dit het gevoel hy kyk direk na my toe hy dit sê.
Toe het hy iets gesê in die lyn van, moenie vra wat die sin van die lewe is nie, maar GEE sin aan die lewe.
Ek het in daardie tyd EE3 aangesluit om meer van die proponent te sien, en EE3 het my toe voorberei vir Herbalife, en Herbalife weer vir sending.
Ek wil net getuig van die wonderlike weë van my lewe.
Ek is lief vir my lewe, met al die seer!
Ek is lief vir myself nes ek vir God en my naaste lief het.
En ek is gelukkig. Ten spyte van so baie foute.
So dan verstaan ek nie wat is soms die probleem nie. Ek probeer my bes, maar ek kom nie by die wêreld se standaarde uit nie. Materiele besittings, geld, status, uiterlike en tydelike, verbygaande goed het my nog nooit gepla of ge-inspireer nie. Ek is net anders gemaak en ingestel, stroom op, blindelings en naief probeer ek altyd God gehoorsaam.
Reik ek dan na ‘n onbereikbare droom?
‘n Droom waar almal mekaar onvoorwaardelik in liefde aanvaar en waar sukses beteken om die ewige lewe te be-erwe.
Ek is nie suksesvol in wêreld se terme nie, maar ek is so geseënd en gelukkig en ek glo vas, ek is op die regte plek, die regte tyd, waar God my wil hê.
My storie is my storie.
My getuienis staan vas en ek bid opreg vir die vemoë om beter die boodskap oor te dra, wat ek ervaar God wil hê ek moet deel.
Kosbare vrouens wat my opbou en bemoedig se gesigte flits voor my.
Mag die vloek van jaloesie en ons vroulike hormone en wat ook nogal, wat verwydering tussen vroue veroorsaak, afgebreek word! Amen.
Dankie vir my pastoor se vrou, stigter van Christian Business Women Connect wat my geleer het om ander vroue te waardeer en nie bedreig te voel deur mooier of meer bekwamer vroue. Sy het ook met ons laaste byeenkoms, fantastiese praatjie oor menupause en hormone gehad. Gemik op hoe dit vroue in besigheid affekteer, maar openbarend vir my, affekteer hormone ons vrouens, Ma’s en kinders, geweldig baie.
Ek sal weet, weduwee op pad na menupause met ‘n 19 jarige dogter en 14 jarige seun….. beslis nie ‘n “walk in the park” nie. Ek mis my man wat altyd, altyd koel en kalm enige situasie kon ontlont, met ‘n grappie. Wel, vir my moes hy anders hanteer, ek vat alles ernstig op. ‘n Sin vir humor is nog ernstige gebedsaak by my. Maar my man, was die enigste persoon wat na jare van ondervinding, my meesterlik hanteer en beheer het, veral ten opsigte van ons kinders en gesin.
Ek onthou goed, hoe my Pa my altyd op die stoep trappies my kom troos het, wanneer my Ma moeilik was, en goed bedoel het met; jou Ma het baie stress, probeer verstaan.
MANS, as hier ooit mans lees - ek sien julle harte om jul dogters te troos, maar daar is geweldige groot huweliks opdrag van God, om jou vrou eerste te stel. Beskerm haar teen jou ouers, haar ouers, jul kinders en teenoor almal. Selfs al is sy verkeerd, staan by haar, eer haar as die swakkere, sodat jou gebede verhoor word.
Ten spyte daarvan dat my Pa goed bedoel het, het ek heeltemal verkeerde prentjie gehad van wie my Ma werklik is en was, en hoekom dinge so was. My Pa was groot rede vir haar stress.
Ek het altyd ervaar dat my Ma jaloers is op die verhoudig tussen my en my Pa. Na my troue, die eerste keer wat ek en my man stry, en ek wou terug gaan huistoe, het my Pa my duidelik laat verstaan, ek bly waar ek is, by my man. Dit het gevoel of ek my Pa en my Ma verloor het.
Na ons dogter se geboorte, moes ek waak teen gevoel van jaloesie op my eie dogter se verhouding met haar Pa. My man het my sommer net gelos na sy gebore is en by die splinternuwe babatjie gebly, sy was die enigste baba gebore toe in ons klein dorpie hospitaal. Dit was toe seker nog OK, maar tuis, het hy daarop aangedring om haar te bad, en my amper met niks met ons nuwe baba vertrou nie. Dis asof ek verdwyn het en onsigbaar geword het vir almal, na my dogtertjie, die eerste kleinkind, se geboorte.
Ek het soos niks gevoel. Alles goed wat verseker bygedra het, tot uiters plofbare situasie in aanloop na nageboorte depressie. Ons het eintlik, in ‘n mate nog lig van alles afgekom. Daar is baie ander mense se stories wat erger is.
Ons is almal mooi op ons unieke manier.
Ek bid ek kry die voorreg om al die bonatuurlike boodskappe van God die afgelope week te deel, maar my oë val nou toe.
Asseblief julle! Wees lief vir mekaar met Jesus liefde.
Het genade met mekaar.
25 Oktober 2022
Vrouens!!
Sien my blog Martha / Maria Debate.
Ag ja, ons kan seker dit deur trek na Bybel se dae!
Dink maar net aan Rachel en Lea se storie.
Aan die begin van die jaar, deur die Here se genade, vir die eerste keer in 5 jaar na my man se dood, “toevallig” het ek ‘n Bybel woordskool vir vrouens bygewoon. ‘n Studie oor die lewe van Josef.
WOW!! Die tydsberekening in April; en het God nie HARD met my gepraat toe, oor so baie goed! Ek was in trane.
My lewe voel soos Josef se verhaal, vol sonde, haat, jaloesie en al die drome en heelwat nagmerries, wat soos in die put en tronk oomblikke voel. Ek kon my met baie lewenslesse vereenselwig.
My lewe voel buite beheer deurmekaar nou en ek dink, dit kan nogal maklik wees om nou moedeloos te raak.
MAAR, dan besef ek absoluut terdeë, dat ek nog steeds so oneindig baie het om voor dankbaar te wees.
Ek is vir ewig die optimistiese dromer, wat bly glo dat my lewe ‘n sprokie is, wat gelukkigge einde gaan hê.
Ek weet nie hoe nie, maar God weet hoe. Ek het die vooreg gehad om 3 kosbare Dames Retreats by te woon van my kerk.
Op die een het ek ‘n droom / visie bord gemaak, na ernstige gebed en onder leiding van die Heilige Gees.
Daisy se blog was op die visie bord. Ek het die broodmaker al gekry; mag alles nog realiseer soos op die droombord. In my leeftyd het ek al vele drome sien realiseer, en ongelukkig ook al beleef hoe ons as mense beplan, maar God beskik ons lot.
My pastoor se vrou het wel genoem dat God vir my ‘n nuwe kleed of nuwe klere wil of gaan aantrek, dat ek weer “vrou” gaan wees en nie meer Pa & Ma moet wees, om mans werk ook te doen.
So ek is aan die begin van ‘n nuwe seisoen en hele nuwe lewe. Al voel dit of my storie meer van Bybelse Rut na Job se storie wil gaan, hoe lekker om te kan weet, dat die Bybel nie ‘n opgemaakte klomp stories is nie, maar op die waarheid gebaseer is en dat Rut, Job, Josef, Ester, Dawid en so baie Bybel stories, ‘n gelukkigge einde het.
Op die oomblik is dit pynlik en glad nie maklik nie. Soos altyd in my lewe, klou ek net al hoe stywer aan God se woord vas.
My oorlede man het altyd gesê, die vloeke van ‘n onregverdige, sal nie oor ‘n regverdige kom nie. Wanneer ek getwyfel het of God bestaan, het hy my bemoedig, dat God wel bestaan, selfs al het dit swaar met ons gegaan en dit gevoel het of sondaars beter af as ons was.
God is in beheer altyd!
God is sterker as alles en geen wapen of plan van die duiwel, sal enigsins God se planne vir ons van stryk bring nie.
Ek wil net my hele lewe aan God toewy, en soms voel dit ek doen God se koninkryk meer skade aan, as goed. Gelukkig is Hy in beheer en by God is niks onmoontlik nie. Hy sien ook die intensies van my hart, dat ek goed bedoel. Op my ongelooflike OCD manier, hopeloos te “too much” vir sommige mense. Dit sit hulle af, maar ek is wie ek is, en ek probeer hard werk aan myself, maar dis soos ‘n “spring”, ek kan net nie in ‘n vorm gedruk word nie, ek bly terug bons na tipe van God’s water oor God’s akker te wees. As wat ek nou verduidelik, ooit sin maak vir enige iemand, wel… dan verstaan jy mos!
Niks kan ons ooit van die liefde van God skei nie.
Die blog is nie presies soos ek die prentjie in my kop het nie, maar dis nog in baba skoene.
Die intensies van my hart is goed altyd.
Liefde, vrede & seën,
Daisy
PS:
Selfs al voel die lewe vir jou soos ontnugtering, begin jou seëninge tel.
My pastoor en sy vrou kon ook nie kindjie van hul eie kry nie. Hulle het gebid en hul aangenome dogtertjie gekry. Soms is die lewe nie soos jy droom of beplan nie, maar God is in beheer en Sy Plan vir jou lewe gebeur altyd met goeie rede en doel.
Vertrou God. Gee oor aan Hom! Gee alles vir God, selfs deur die moeilike en seer tye.
Normaalweg sit en in Engels ‘n DISCLAIMER onder aan.
Ek het “OCD” en is nie ‘n perfeksionis nie.
Verskoon asseblief enige foute, spel of taal. Hierdie is deel van die storie van my lewe, gebaseer op my opinies en as getuienis vir God.