Haat, bitterheid, vergifnis.
20 November 2022
‘n Splinternuwe blog.
In Afrikaans.
In die lig van Suid-Afrika wat nou onlangs in die kollig was, as gevolg van Charlize Theron.
Ek sit nou hier, op ‘n bed en tik op my laptop, dit klink wonderlik, maar ek verkies om by ‘n lessenaar te tik. Ek verkies oor die algemeen om op my selfoon app te blog. Dis net makliker, maar ek het nou al 3 weke lank tegniese probleme, van my vorige blog af eintlik.
Ek raak ook besiger, en waar ek aanvanklik gedink het, vir ‘n jaar, wil ek soveel moontlik “memories” van FB af “copy & paste”, om ietsie van my man te bewaar op ‘n ander manier, sit die Here nou iets anders op my hart.
So God is verseker in beheer en druk my nou hier in ander rigting in. Eintlik is dit nogal lekker om op die groter skerm en laptop sleutels te tik. Dankie vir tik as vak op skool.
Hierdie jaar het glad nie gegaan soos wat ek beplan nie.
6 Januarie het iets gebeur, wat my laat breek en bitterheid het oorgespoel uit my. Daar het ‘n hele string van gebeurtenisse gebeur. Sommigge het ek die Heilige Gees se Stem gehoor en het ek gehoorsaam.
Sjoe, ek weet nie eens hoe om te begin verduidelik wat alles gebeur het en wat die lewenslesse was en wat en hoe God in dit alles is.
Ek laat ‘n rekord agter van die gebeurtenisse van my lewe, maar op my beste, is ek verstrooid en deurmekaar en beslis nie ge-organiseerd nie. Dis nou die doring in my vlees. Ek was gewees, voor ek getroud was, voor ek kinders gehad het, kort voor ek ‘n weduwee geword het. Self na my man se dood, het ek probeer ge-organiseerd bly, maar daar het ‘n KLOMP traumatiese goed gebeur. Ek gee moed op. Regtig, ek dink nie dis in God se wil vir my nie, SODAT, al die eer en glorie aan Hom toekom, vir wanneer ek wel iets goeds en mooi doen, wel bedoelend, tot Sy eer.
Vir eers, dink ek, is die “memories” van my oorlede man, gehalt deur God na my blog. Dis werklik asemrowend HOE die FB herinneringe baie keer so spesifiek in lyn met die Heilige Gees is, juis relevant vir die dag wat ek dit sien. Soms sien ek dit nie. Ek kan werklik daarvoor net al die eer aan God gee.
Weereens, die mens wik, maar God beskik.
Dis iets wat ek terdee besef het, met my man se skielike dood. Al die planne wat ons gehad het. Ons lewens het heeltemal ‘n ander koers ingeslaan.
Hierdie is nie maklik nie. En ek wens NIEMAND enige wraak toe nie. Ek probeer my bes almal vergewe, vergeet en vry laat. Maar dis nie altyd so maklik nie.
Ek was verkeerd, ek is verkeerd. Ek het gesondig teenoor God. Uit my seer, uit my haat, bitterheid en woede, het ek onskuldige mense seer gemaak ook.
Ek het opregte berou oor dit, en val op my my aangesig voor God en pleit om Sy genade en vergifnis.
Ek wens met alles in my ek kan die tyd terugdraai en die skade ongedaan maak, voor en na my man se dood. Maar dis onmoontlik en ek kan net bid op genade vir vergifnis teenoor my, en versoening.
So, einde September het iets vreeslik gebeur. Vir al my sonde in die verlede, het ek seker verdien wat gebeur het.
Dis net, toevallig, 3 ure voor die traumatiese insident, het ek vrede gevind, en alles en almal vergewe en laat gaan en my lewe was perfek op koers weer.
Ek was amper dood en ek wens ek kan meer getuig daaroor….. maar 24 uur later is iemand anders tragies dood. Iemand verwant aan die mense wie ek vergewe het, en teenoor wie ek lank verbitterd was.
Dis ‘n geweldige gevoel wat ek vir niemand toe wens nie.
Die dood is finaal.
Selfs al was ek verbitterd, het ek my bes probeer om te bid vir die mense wat ek voel my te na gekom het.
EK, van alle mense, wat weet dat almal ‘n storie het. Ek is so skaam!
Ek was verkeerd, en ek is sleg, my hart was swart. Ek kan niemand blameer behalwe myself nie. En glo my, daar is baie meer agter my storie, maar ek is op ‘n kruis pad hier.
Ek voel ek wil onttrek en ‘n kluisenaar word en net seer vermy, maar dan sien ek die duiwel se listige plan agter dit ook.
Ek hoor iets vir my vertel jy is nie goed genoeg nie, jy is vol sonde, jy is selfsugtig, selfgesentreerd en alles wat sleg is.
Dan hoor ek ook God:”Jy is uniek en spesiaal, gebore met ‘n doel.”
30 November 2022
Wel, ek sit darem nou weer by ‘n lessenaar en tik nou glad nie met geronde gewrigte en regte postuur, soos Mnr Strauss ons geleer het.
Ek moet hierdie blog afhandel, of dit nou perfek is of nie.
Ek sukkel nog om reg God se Stem te hoor. Hoor, hoor ek verseker Sy Stem. Huidiglik, uiters irriterend op paar selfde note soms, en dan weer soos in WOW, maar God is ASEMBENEWEND!
Jip, dis die korrekte Afrikaans vir AWESOME. :)
Nou ja, dit voel of my lewe heeltemal buite beheer is, MAAR God bemoedig my deur vas te hou aan geloof in Hom, Rom.8:28.
Dis nogal moeilik vir iemand, wat graag in beheer wil wees en wil beplan. Die boodskap is egter, ek hoef nie te weet HOE nie, ek moet God net vertrou, dat alles ten goede gaan meewerk.
Mag hierdie blog, wat nuut en effens anders as my vorige blogs is, jou bemoedig om ook te volhard in geloof in God en ALLES oor te gee aan God.
LIEFDE,
DAISY
DISCLAIMER / VERKLARING:
Hierdie is my gedagtes en opinies, my getuienis vir God, volgens die storie van my lewe.
Ek bedoel goed om ‘n instrument in God se Hand te wees, en dis op niemand persoonlik gemik nie.
Al die eer aan die Here vir die blog, en alles in my lewe. Vir die lief en die leed.